Die daaropvolgende dag het ek en Niel gaan werk in die kerk se kombuis om vir die meer as 100 kampgangers te gaan help middagete maak. Ek het onder meer gehelp om die klein tamaties se skilletjies op te trek na die stingeltjie waarna dit in ‘n warm oond kraakwarm gerooster is (die velletjies). Dit was opgedien as garnering by die gebraaide hoendervleis. Ek het na my sessie in die kombuis soos ‘n ui gevoel en geruik (ek het seker 30 groot uie opgesny. Die eerste paar het goed gegaan en die res is huil-huil gedoen!).